Theo Verwey The Founder of NAD Therapy

Article

 

In Desember is berig dat veroudering in muise ingrypend omgekeer is nadat wetenskaplikes die biochemiese molekuul, Nikotienamied Adonien Deokleotied (NAD) in die muise ingespuit is.              

'n Berig daaroor het reeds op 22 Desember  2013  in die Daily Telegraph verskyn onder die opskrif "Scientists discover clue to reversing the ageing process."  Maar die NAD as die "leidraad tot die ommekeer van veroudering" is  lankal bekend.  In die berig word oor die onderwerp geskryf asof 'n deurbraak dalk voor die deur lê, maar in Suid-Afrika het 12 000 mense al baat gevind by die NAD-terapie,  wat onder die leiding van 'n kliniese sielkundige ontwikkel is.

Kliniese sielkundige Theo Verwey wat in Suid-Afrika baanbrekerswerk in die ontwikkeling van NAD-terapie gedoen het, het meer as 'n dekade gelede al internasionale lof vir sy werk ingeoes.  Hy is die stigter van die Alkogen kliniek wat vanaf 1995 tot 2003 in Pretoria bedryf was. Die belangstelling het uitgebrei en privaatpraktisyns het NAD Terapie in hul spreekkamers begin toegepas. Theo Verwey was ook die eerste persoon ter wereld wat die NAD instabiele vorm in kapsule saamgestel het. NutriNAD en NutriPYN wat in Suid-Afrika vervaardig word, word reeds wêreldwyd versprei.       

Wyle  Dr Abram Hoffer psigiater van Kanada  met 'n doktoraal in biochemie het Theo Verwey en sy  kollegas geluk gewens met die ontwikkeling van die konsep dat 'n enkele tekort in die gestel die oorsaak  kan wees van baie mediese toestande ongeag veelvuldige simptome en 'n groot verskeidenheid diagnoses.            

Theo Verwey wys inderdaad daarop dat duisende bloedtoetse wêreldwyd sedert 1989 gewys het dat nagenoeg 150  hedendaagse siektes ‘n onderliggende NAD wanbalans het,  onder meer kanker, tipe twee diabetes en  demensie.  Dit is aangeteken op Medline. Dr Hoffer sê verder dat Energie Metaboliese Tekorte kom wêreldwyd voor en sal nog toeneem.  Hy self het 'n doktorsgraad in biochemie en is beskou as 'n voorste kenner op die gebied. Hy loof Verwey vir sy merkwaardige ontwikkeling van 'n eenvoudige bloedtoets om te dien as diagnose van die tekort en om die dosis en duur van NAD terapie te bepaal met verwysing na Verwey se e-boek NAD Therapy! Too Good to be True?  In sy voorwoord  tot die e-boek sê Hoffer wanneer die stellings empiries bevestig word, sal die moderne psigiatrie ingrypend verander.

 'n Kollega, prof John Cleary,  sê Theo Verwey en sy kollegas het gedoen wat hy gehoop het hulle sou by die Universiteit van Wisconsin-Madison verrig. "Ek wens hulle geluk dat hulle my droom verwesenlik het.  God het ons almal werklik geseën."

Verwey sê die oogmerk is nie om mense tot 200 jaar oud te laat word nie, maar eerder om hul lewensgehalte veral in die ouderdom te verhoog. 

Duisende Suid-Afrikaners se lewensgehalte is al deur die gebruik van Theo se NAD-Terapie verhoog. En baie van die getuigskrifte, nog daar van die begin jare in 1995, verskyn byvoorbeeld in sy boek Drome vir Seerkry Mense waarvan die engelse weergawe Dreams for Fragile People. Vandag hoor mens van ooral oor hoe Nutripyn mense se lewensgehalte bevorder.

Geskryf deur Koos Botha

KOOS BOTHA het vir Die Vaderland gewerk tot Maart 1962, daarna elf jaar vir die SAUK-nuusdiens en toe weer 20 jaar vir Die Transvaler tot April 1993. Sy twee jongste kinders, Daan (25) en Ruth (20) is in Februarie 1993 in 'n padongeluk by Winburg dood. Hy het op 9 Februarie sy kinders gaan uitken op Winburg en in Bloemfontein. In die jare daarna het hy oor hul dood geskryf en sy boek daaroor, Flenters van die Ewigheid, het in Julie 2015 verskyn.

 

 
Comments
Order by: 
Per page:
 
  • There are no comments yet
NAD Therapy

NAD+Phyto 90 Veggie Caps registered as NutriPYN is the new formulation of NAD Therapy all-in-one daily capsule

NAD+Phyto

 
 
Rating
1029 votes
Recommend
Info
Actions
Theo Verwey The Founder of NAD Therapy