Theo Verwey The Founder of NAD Therapy

News

Ek het die afgelope amper 23 jaar omtrent áls probeer om net my gesondheid weer op standaard te kry... Vitamines, Nano Silver Colloids, Ozone-Sauna behandelings, detokse en en en! Al hierdie pogings van my het 'n verskil gemaak, maar, ná 'n klomp gif in 2010, Histoplasmose (vlermuissiekte) in 2012, 'n hele paar val-ongelukke tussen 2013 en 2015, die diagnose van Fibromalgie in 2015, Lewerversaking & Gordelroos in 2017, 'n senuwee ineenstorting en Longontsteking in 2018 het ek besef ek het nou my "chips" gehad... en, met omtrent zero energie, wou ek net opgee op die lewe omdat ek nie meer kón nie, al wou ek ook hoé graag aangaan ter wille van my kinders en kleinkinders!

So gebeur dit toe dat ek en 'n liewe vriendin van báie jare gelede in die Vrystaat, mekaar weer op Facebook sien  en sy daarop sê: "Ek is so bly ek het vandag weer my NAD gekry!" Hulle het "toevallig" ook nou in George gewoon... en só gebeur dit dat sy by my kom tee drink!

Iets wat my baie opgeval het toe ons mekaar weer sien was hoe pragtig haar vel was, en ook dat sy baie meer sprankel in haar het as 23 jaar gelede... en daar vertel sy my hoe Nurtipyn haar en haar man, wat 'n diabeet was, se lewens verander het!

Onnodig om te sê, ek het uit pure desperaatheid die NUTRIPYN gegryp met beide hande! Dit was Oktober 2018 en omdat ek so siek was, het ek nie verwag om baie gou resultate te ervaar nie!

Ongeveer 'n week nadat ek NUTRIPYN begin gebruik het, het ek een nag, toe ek opstaan om badkamer toe te gaan, besef dat ek nie meer van balans af is nie... die eerste wonderwerk!

Ek het baie gou een oggend vroeg besef iets regtigs vreemd het met my gebeur... die feit dat ek wákker voel en graag woú opstaan het selfs my man verstom, hy weet hoe moeilik dit vir my was om vroeg op te staan! Ek het weer die voëls hoor sing en wou net kaalvoet in my tuin wees... wonderwerk!

ENERGIE, iets wat ek al vir 'n paar jaar nie meer geken het, en met my hele hart begeer het, het my tot 'n nuwe begeerte vir die lewe aangespoor! Ek was altyd 'n baie bedrywige mens en met hierdie nuwe, herontdekking van die lewe in my, het ek my kersie ongelukkig te lank aaneen begin brand... ek moes nou léér om my nuutgevonde lus vir die lewe met wysheid te bestuur! Só het ek beter begin slaap en was nie meer hierdie patetiese, depressiewe ou bondeltjie "mens" wat gesukkel het om deur my dae en nagte te worstel nie... wonderwerk!

My hare het weer welig begin groei, en vir die eerste keer in my lewe is my naels so sterk dat ek dit gereëld moet vyl... wonderwerk! 

Ek het my linker ringvinger in 2016 gebreek, hy het styf en seer gebly en ek kon dit nie soos my ander vier vingers reguit oopmaak nie, dit het in twee geforseerde sarsies oopgemaak. Ek was verwys na 'n dokter wat dit sou inspuit maar ek was doodeenvoudig te moég (en bang) daarvoor! Na net vier maande op NUTRIPYN is my vinger weer reg... wonderwerk! 

Fibromalgie het veroorsaak dat ek nie saans kon slaap sonder om vir ten minste 'n halfuur in 'n warm bad te lê nie! Nou is my lyf tevrede met 'n koeler stort en ek is baie meer beweeglik as voorheen... wonderwerk!

Iets wat my baie bekommerd gemaak het so paar maande voor ek met NUTRIPYN begin het, was dat die linkerkant van my mondhoek soms dood gevoel, en ek nie beheer gehad het oor speeksel wat bietjie-bietjie ongenooid daaruit geloop het nie, kompleet soos ná my beroerte in 1996. NUTRIPYN  (NAD) het my mondhoek weer reg, ek is nie meer so lomp soos die afgelope jaar nie (het dikwels iets op die tafel omgestamp) en selfs my blaasfunksies het verbeter... wonderwerke!

So-ook is my konsentrasie báie beter, verál wanneer ek in druk verkeer my motor bestuur, ek voel en blý ook wakkerder oor ver afstande... wonderwerk!

Laastens wil ek net noem hoeveel komplimente ek al oor my mooi vel gekry het die afgelope twee maande.

Groete

H Hoon

29.04.2019
 
Comments
Order by: 
Per page:
 
  • There are no comments yet
Nutripyn
NUTRIPYN 90 IS THE NEW FORMULATION OF NAD THERAPY ALL-IN-ONE DAILY CAPSULE

Actions
Theo Verwey The Founder of NAD Therapy